Notifications
Clear all

Die handhawing van genetiese diversiteit deur (1) meer manlike diere in teel programme te gebruik en (2) nie draers uit die genepoel te verwyder nie.

 

(@rhea-koch)
Active Member Subscriber
Joined: 2 years ago
Posts: 5
Topic starter  

Die handhawing van genetiese diversiteit deur (1) meer manlike diere in teel programme te gebruik en (2) nie draers uit die genepoel te verwyder nie.

Die genepoel van ‘n geslote ras kan nooit groter word nie, maar, dit kan Kleiner word.  Genetiese diversiteit is iets waaroor telers van veral rasse met Kleiner populasies bekommerd behoort te wees.  ʼn Kleiner genepoel kan lei tot kwessies soos Kleiner werpsel groottes, verhoogde neonatale sterftes, meer genetiese siektes en verswakte immuniteit in ʼn ras.  Dit is nie noodwendig as gevolg van die kwessies van lyn-teling of buite-teling nie, maar eerder as gevolg van die gene wat verlore gaan deur seleksie van telers.  Met ander woorde, wanneer ʼn teler alleenlik teel met ʼn beperkte aantal lyne, gaan daar noodwendig van gene verlore in die proses. Een van die grootste faktore is iets wat genoem word “Popular sire syndrome”.  Dit is waar ʼn gewilde reun baie gereeld in teel programme gebruik word.  Die het ʼn beduidende inpak op die genepoel van ʼn ras, wanneer kwaliteit, onverwante manlike diere nie gebruik word in teel programme nie terwyl hulle eintlik ʼn groot rol kan speel in hulle bydrae tot die gene poel.

Die ander faktor wat bydrae tot die krimpende genepoel in rasegte honde, is om draers uit te sluit uit teel programme.  Wanneer daar met ʼn draer en ʼn nie-draer geteel word, het die hondjies ʼn 50% kans om draers te wees en ʼn 50% kans om ʼn nie-draer te wees, maar AL DIE HONDJIES SAL GESOND WEES.  Aan die ander kant, as al die draers heeltemal uit die genepoel van ʼn ras verwyder word, sal dit verrykende gevolge inhou vir die honde se genetiese materiaal.  Die impak is dalk nie so onmiddellik sigbaar nie, maar as hierdie praktyk vir jare toegepas word sal dit lei tot ʼn dramatiese inkrimping van die genepoel, wat weer sal lei tot ander nuwe, en tans onbekende en skaars afwykings.  Danksy tegnologie, kan draers deur ʼn eenvoudige genetiese toets uitgeken word.  Dit stel telers in staat om hierdie honde in te sluit in teel programme en sodoende die stabiliteit van die genetika van die ras te handhaaf, sonder die verhoogde risiko van nuwe siektes.

 

Bronne

Bell, JS. 2011. Small Population Breeds and Issues of Genetic Diversity. Tufts’ Canine and Feline Breeding and genetic conference.

removed link

removed link

removed link


Quote
Share: